Soorte resepte:

Resep: Klapper-en-sjokolade-meringuetertjies

Klapper-en-sjokolade-meringuetertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié tertjies is perfek vir teetyd!

Lewer ongeveer 36 tertjies

Bestanddele:

KORS

  • 625 ml (2 ½ k) klapper
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 125 ml (½ k) koekmeel
  • 2 ekstragroot eiers, geklits

VULSEL

  • 400 g (2 x 200 g-pakke) donkersjokolade
  • 155 ml (½ k + 2 e) dubbeldik room
  • 4 ekstragroot eiergele

MERINGUELAAG

  • 4 ekstragroot eierwitte
  • 250 ml (1 k) strooisuiker

Metode:

KORS

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Meng klapper, suiker en meel. Roer eiers goed by.
  3. Druk ongeveer 15 ml (1 e) van klappermengsel op bodem en kante van gesmeerde klein muffinpannetjies vas.
  4. Bak vir 8 tot 10 minute. Gebruik mes om bietjie van kante los te maak, maar laat in pan afkoel.

VULSEL

  1. Smelt sjokolade en room in dubbelkoker of in mikrogolfoond teen 70% krag en roer tot glad.
  2. Klits eiergele en roer by effens afgekoelde sjokolade. Skep vormpies driekwart vol vulsel.
  3. Plaas in yskas vir 1 uur of tot gestol.

MERINGUELAAG

  1. Verhit oond tot 220 °C. Klits eierwitte styf. Voeg suiker by en klits tot glad.
  2. Skep eierwitte op tertjies en bak vir 8 tot 10 minute.
  3. Laat bietjie in pannetjies afkoel. Skep op afkoelrakkie om heeltemal af te koel.

Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3.

Uitgewer: Lapa-uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.