Soorte resepte:

Resep-video: Klapperklontjies

Klapperklontjies (Foto: Maroela Media/Janie du Plessis)

Hierdie variasie op makrolletjies (macaroons) is gesond en baie maklik. Geen suiker – slegs heuning, en net gesonde vette. Donkersjokolade maak dit ʼn moet-beproef-nagereghappie.

Bestanddele

  • 3 eierwitte, geklits
  • 1 doppie vanieljegeursel
  • 2 e heuning
  • 3 k klapper
  • donkersjokolade, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium.
  3. Gooi vanieljegeursel en heuning by eierwitte en klits weer.
  4. Gooi klapper in bak en vou eierwitte daarby in.
  5. Gebruik jou hande om klontjies te vorm.
  6. Bak vir 20 minute en giet dan gesmelte donkersjokolade oor.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Enigiets met klapper is lekker – dit is waarom ek daarna kyk. Klapper en karamel is lekker op enige manier. Miskien kan die sjokolade gevarieer word met karamel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.