Soorte resepte:

Resep: Klapperkoek

Klapperkoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak dié lekker koek in jou prutpot, en smul heel naweek daaraan!

Bestanddele

Koek

  • 250 ml suiker
  • 125 ml klapperolie
  • 115 g botter
  • 3 groot eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 125 ml klappermelk

Versiersel

  • 125 ml roomkaas
  • 60 g botter
  • 375 ml versiersuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 ml sout
  • 125 ml klapperskaafsels

Metode

Koek

  1. Klits die suiker, klapperolie en botter met ʼn elektriese klitser tot goed gemeng. Voeg die eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.
  2. Meng die meel, bakpoeier en sout in ʼn mengbak. Voeg die meelmengsel en klappermelk geleidelik by die bottermengsel tot dit net gemeng is.
  3. Spuit die prutpot se bak met kleefwerende kossproei en voer die bodem met bakpapier uit.
  4. Skep die koekbeslag in die voorbereide bak en maak dit gelyk. Plaas kombuispapier oor die prutpot se bak sodat dit enige kondensasie wat tydens die kookproses plaasvind, kan absorbeer. Plaas die deksel op die bak. Stel die prutpot op hoog en bak die koek vir 1 tot 1 ½ uur. Druk ʼn toetspen in die middel van die koek en as dit skoon uitkom, is die koek deurgaar.
  5. Verwyder die deksel en kombuispapier en lig die bak versigtig uit die prutpot. Laat die bak vir 10 minute afkoel en keer dan die koek baie versigtig op ʼn dienbord uit. Laat die koek heeltemal afkoel.

Versiersel

  1. Klits die roomkaas en botter met ʼn elektriese klitser tot lig en donsig. Voeg die versiersuiker geleidelik by tot die versiersel goed gemeng is. Voeg die vanieljegeursel en sout by en klits.
  2. Versier die bokant van die koek en rond dit af met klapperskaafsels.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.