Soorte resepte:

Resep: Klapperkoekies

klapperkoekies

Klapperkoekies. Foto: Lekker resepte vir die jonggeslag blog.

Bestandele:

  • 2 k meelblom
  • 2 k klapper
  • 1 k margarien
  • 1 t koeksoda
  • knippie sout
  • 2 k hawermeel
  • 2 k suiker
  • 2 e stroop
  • 4 e kookwater

Metode:

  1. Smelt die botter, stroop, koeksoda en kookwater saam in kastrol.
  2. Meng die meelblom, hawermeel, klapper en suiker en voeg die bottermengsel daarby. Meng goed.
  3. Neem teelepelsvol, vorm balletjies en sit op ʼn gesmeerde bakplaat.
  4. Druk effens vas met ʼn vurk en bak vir 15-20 minute by 180⁰C  (350⁰F).

Bron:

Resep: Lena Colyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melissa ·

Hi jammer as ek n dom vraag vra, maar wat is hawermeel? Is dit oats?

Michael ·

Ek wens het ek ook deselfde vraag gevra. Ek het “rolled oats” gebruik,.. Die gevolg was nog heerlik. Maar die koekies was soos wat ons in Australie noem “ANZAC biscuits”
Jammer vir my slegte Afrikaans. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.