Soorte resepte:

Resep: Klewerige sjokoladebruintjies

Klewerige sjokoladebruintjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Water jou mond al?

8-10 porsies

Bestanddele

  • 200 g donkersjokolade
  • ½ k (115 g) Clover Springbok-botter
  • 2 eiers
  • ½ k (100 g) suiker
  • 1 k (150 g) sagte bruinsuiker
  • ½ k (50 g) pekanneute, in stukkies gebreek
  • ¼ k (25 g) makadamianeute, grof gekap
  • ¼ k (25 g) haselneute, gehalveer
  • ⅔ k (125 g) koekmeel
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • ¼ t (1 ml) sout

Metode

  1. Smeer ’n 12 x 20 cm- reghoekige oondpan en voer dit met bakpapier uit. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas die sjokolade en botter in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol met pruttende water. Maak seker dat die onderkant van die bak nie aan die water raak nie. Roer liggies tot die mengsel glad en gesmelt is. Laat vir 5 minute afkoel.
  3. Klits die eiers en suiker in ’n mengbak met ’n elektriese menger tot dit lig en romerig is. Vou die eiermengsel by die sjokolademengsel in.
  4. Vou die oorblywende bestanddele versigtig by die mengsel in.
  5. Skep die beslag in die voorbereide oondpan en bak vir 20 tot 30 minute. Verwyder uit die oond en laat vir 10 minute afkoel. Keer uit, verwyder die bakpapier en sny in skywe. Sit met roomys voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Resep lyk heerlik, veral met daai neute in, gaan hom beslis probeer.

Realis ·

1/2 koppie suiker is 100gr en vol koppie is 150gr. Hoe kry mens daai som?

Tania Heyns ·

Dagsê Realis

Dankie vir jou navraag. Alhoewel dit so in die resep vervat is, stel ons voor dat jy net ’n halwe koppie witsuiker en 1 koppie bruinsuiker gebruik, aangesien die digtheid van die twee verskil. Sterkte, laat weet ons hoe dit proe!

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.