NOTA: Hierdie koek se mate moet sorgvuldig geneem word.
Baie lekker om verskillende vulsels op te sit en bedien dan met styfgeklopte room.
Bestanddele:
½ k sagte margarien (125 ml)
2 eiers
1 t vanielje (6 ml)
2 t bakpoeier (gelyk) (12 ml)
¾ k strooisuiker (190 ml)
½ t amandelgeursel (3 ml)
1½ k meelblom (375 ml)
½ k melk (125 ml)
Metode:
1. Plaas al die bestanddele in bak klop vir 3 – 5 minute.
2. Gooi in voorbereide panne en bak 20 – 25 minute by 180°C (350°F).
3. Baie lekker om verskillende vulsels op te sit en bedien dan met styfgeklopte room.
Resep: Badie Bloem
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636