Soorte resepte:

Resep: Koeksisters

Foto: lecucinedeglialtri.wordpress.com

Foto: lecucinedeglialtri.wordpress.com

Volgens dié resep van mev. R. van der Zwaard van Bethlehem maak ‘n mens die stroop en deeg die vorige aand en doen die vleg- en bakwerk die volgende dag.

Lewer sowat 60 – 72 koeksisters

Stroop
1.75 kg (8 x 250 ml) suiker
1 liter water
20 ml gouestroop
2 ml kremetart
1 ml wynsteensuur
knippie sout

Koeksisters
550 g (4 x 250 ml ongesifte) koekmeelblom
20 ml bakpoeier
5 ml sout
50 g (60 ml) botter of margarien
375 ml melk
1 eier
sonneblomolie

Metode:
1. Verhit die suiker, water en stroop tot kookpunt en roer, sodat die suiker smelt voor die stroop kookpunt bereik.
2. Kook die stroop 8 minute lank, haal van die stoof af, roer die kremetart, wynsteensuur en sout by en laat afkoel. Plaas in die yskas.
3. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien in die droë bestanddele in tot goed gemeng. Klits die melk en eier saam, voeg by die meelmengsel en maak aan tot ʼn sagte, rolbare deeg (dit moet soos skondeeg wees). Bedek en hou oornag in die yskas.
4. Rol die deeg dun uit op ʼn meelbestrooide oppervlak en sny in stroke van sowat 1 cm. Sny die stroke in lengtes van nagenoeg 10 cm en vleg. Plaas dit op ʼn skinkbord en bedek met ʼn klam doek.
5. Bak die koeksisters tot mooi bruin in diep, warm olie. (Bak eers die eenkant tot bruin en dan die ander kant. As die olie te warm is, lyk die koeksisters reg aan die buitekant, maar is binne-in nog rou.) Doop hulle vinnig, terwyl hulle nog warm is, in die yskoue stroop. (Gooi die stroop in twee bakke, hou een in die yskas en plaas die ander – waarmee gewerk word – in ʼn skottel of bak yswater.)
6. Plaas die koeksisters op ʼn draadrak oor ‘n skinkbord sodat alle oortollige stroop kan afdrup.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Claudette Coertzen ·

Met wie kan ek praat oor handewerk. Ek praat van breiwerk, hekel ens? Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.