Soorte resepte:

Resep: Koffiekarameltert

Foto: pinterest.com

Foto: pinterest.com

Bestanddele:
1 blikkie gekondenseerde melk
1 k sterk swart koffie (1½ e hoogvol) (Nescafe koffiepoeier aangemaak met kookwater)
2 t opgehoopte gelatien
1 e margarien
½ k goue stroop
1 t vanielje-essens
3 eierwitte
¼ k koue water

Metode:
1. Week die gelatien in koue water en hou dit dan eenkant oor kookwater. Dit hoef nie weer te kook nie, maar moet warm bly.
2. Verhit die botter in ʼn kastrol en roer die stroop daarby. Roer die gekondenseerde melk vinnig by om dit gou te laat meng. Terwyl die mengsel tot kookpunt gebring word, word die warm koffie bygeroer. Die koffie moet baie sterk wees.
3. Laat die mengsel stadig kook vir 10 minute. Roer die gelatien by.
4. Vou die styfgeklopte eierwitte by en roer dit goed en vinnig in die mengsel.
5. Haal af en geur.
6. Gooi in tertkorse. Laat dit styf word in die yskas. Versier met geklopte room.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.