Soorte resepte:

Resep: Konfytblokkies

Konfytblokkies

Konfytblokkies. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad.

Bestanddele:

  • 125 g sagte botter
  • 3/4 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 3 koppies meel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1/3 teelepel sout
  • 2 teelepels  vanieljegeursel
  • 1 blik appelkooskonfyt

Metode:

  1. Verhit jou oond tot 180 ºC.
  2. Meng botter en suiker saam.
  3. Voeg eiers en vanieljegeursel by.
  4. Meng die meel en bakpoeier en sout in ‘n aparte bak.
  5. Voeg die eiermengsel om die beurt by die meelmengsel en meng goed saam.
  6. Bêre 1/3 van die deeg in die yskas om af te koel.
  7. Druk (rol) die res van die deeg plat op ‘n gesmeerde bakplaat.
  8. Smeer die appelkooskonfyt bo-oor die deeg (soveel soos jy verkies).
  9. Rasper die deeg wat in die yskas gebêre was bo-oor die appelkooskonfyt.
  10. Bak 25-30 minute.
  11. Sny dit in blokkies terwyl dit warm is.

Bron:

Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.