Bestanddele:
- 125 g sagte botter
- 3/4 koppie suiker
- 2 eiers
- 3 koppies meel
- 4 teelepels bakpoeier
- 1/3 teelepel sout
- 2 teelepels vanieljegeursel
- 1 blik appelkooskonfyt
Metode:
- Verhit jou oond tot 180 ºC.
- Meng botter en suiker saam.
- Voeg eiers en vanieljegeursel by.
- Meng die meel en bakpoeier en sout in ‘n aparte bak.
- Voeg die eiermengsel om die beurt by die meelmengsel en meng goed saam.
- Bêre 1/3 van die deeg in die yskas om af te koel.
- Druk (rol) die res van die deeg plat op ‘n gesmeerde bakplaat.
- Smeer die appelkooskonfyt bo-oor die deeg (soveel soos jy verkies).
- Rasper die deeg wat in die yskas gebêre was bo-oor die appelkooskonfyt.
- Bak 25-30 minute.
- Sny dit in blokkies terwyl dit warm is.
Bron:
Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.