Soorte resepte:

[Resep] Korslose hamquiches

Korslose hamquiches. Foto: The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer

Korslose hamquiches. Foto: My Low Carb-Kombuis deur Vickie de Beer

Hier is ‘n oulike idee vir die jongspan om aan te peusel – suikerslimhappies vir kinders se kosblikke.

Genoeg vir 12

Bestanddele:

  • 12 skywe plaasham (country ham) of gypsy-ham
  • 100 g kersietamaties, gehalveer
  • 100 g/250 ml (1 koppie) gerasperde cheddarkaas
  • 2 klein murgpampoentjies, gerasper
  • 3 eiers
  • 375 ml (1½ koppies) room
  • ʼn handvol pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ʼn muffinpan met 12 holtes met hamskywe uit.
  2. Verdeel die kersietamaties, gerasperde cheddar-kaas en gerasperde murgpampoentjies tussen die holtes.
  3. Klits die eiers, room en pietersielie saam. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verdeel in gelyke dele in al die holtes.
  4. Bak in die oond vir 20-25 minute of tot goud-bruin en opgepof. Hou tot 4 dae in die yskas.
  • per 100 g: energie: 169 kkal. • proteïen: 9 g • vet: 15 g • koolhidrate: 2 g
  • allergene: suiwel, eier

Bron: The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer
Uitgewer: Quivertree Publications

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sannie ·

Hierdie is ‘n lekker maklike resep! Kan ook lekker werk as bykos vir ‘n braai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.