Soorte resepte:

Resep: Kruiekaaskoek

Foto ter illustrasie

Dit lyk, ruik én proe lekker! Probeer gerus hierdie weergawe van die gewilde kaaskoek.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

KORS

  • 250g Provita-beskuitjies
  • 4 eierwitte

VULSEL

  • 2 x 250g bakkies gegeurde maaskaas (Cheese & Chives of Garlic & Herb)
  • 4 eiergele
  • 250 ml melk
  • ʼn knippie rooipeper
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper of komynsaadjies
  • 5 ml basilieblare, gekap

Metode

KORS

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 6 klein losboom-tertpannetjies van ongeveer 8 cm in deursnee.
  2. Maak die Provita-beskuitjies goed fyn en meng dit met die eierwitte.
  3. Hou eenkant tot benodig.

VULSEL

  1. Meng die vulselbestanddele en skep in die voorbereide losboom-tertpannetjies.
  2. Skep ʼn dik laag van die korsmengsel oor die vulsel.
  3. Bak vir 40 minute of tot gestol.
  4. Skakel die oond af, maak die oonddeur oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel.
  5. Bedien met marmelade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.