Soorte resepte:

[Resep] Kurt en Dunay se Mikrogolf-Malvapoeding

Foto: Verskaf

Kurt en Dunay se Mikrogolf-Malvapoeding. Foto: Verskaf

Argilla Pottebakkery gee een van hulle pragtige bakke weg. Klik op die skakel onderaan die resep om in te skryf.

Bestanddele:

  • 65 ml  margarien
  • 250ml suiker
  • 15 ml  appelkooskonfyt
  • 1 eier
  • 250  ml bruismeel
  • 5ml koeksoda
  • 250ml melk
  • 14 ml asyn

Sous

  • 250 ml ingedampte melk
  • 100 ml suiker
  • 125 ml  water

Metode:

  1. Room die margarien en suiker. Voeg die konfyt by. Vou die eiers in die mengsel in. Voeg die bruismeel by.
  2. Los die koeksoda in melk op voordat dit by die mengsel gevoeg word.  Voeg asyn by en meng goed.
  3. Plaas die mengsel in ʼn Argilla-gourmetroosterbak en plaas in die mikrogolfoond vir 10 -12 minute op hoog.

Sous

  1. Meng al die bestanddele en verhit effens om die suiker op te los. Gooi oor die warm poeding en bedien met vla of roomys.

Klik hier om in te skryf vir die Argilla-kompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annelie ·

Hierdie kompetisie is sommer nonsense as jy nie toestemming gee vir promosie materiaal om na jou toe gestuur te kan word nie mag jy nie deelneem nie

Karma ·

Ja, ek het maar toestemming gegee; sal kyk wat hulle stuur – as dit nonsens is, “unsubscribe” mens maar net.

EkWonder ·

Hoeveel energie en moeite is gespaar deur pra’ te skryf in plaas van praat? Luiheid maak die taal dood!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.