Soorte resepte:

Resep: Lemoenkoek met stroop

Lemoenkoek met stroop (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is min goed so lekker soos ʼn vars, stroperige lemoenkoek.

Lewer 1 koek

Bestanddele

KOEK

  • 440 ml koekmeel
  • 60 ml mielieblom
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 250 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 3 eiers, geskei
  • 5 ml fyngerasperde lemoenskil
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml melk

STROOP

  • 125 ml suiker
  • 60 ml vars lemoensap
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • 5 ml fyngerasperde lemoenskil

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 22 cm-tuitpan of koekpan deeglik met botter.

KOEK

  1. Sif al die droë bestanddele saam. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiergele, skil en vanieljegeursel deeglik by.
  2. Voeg die meelmengsel geleidelik en om die beurt met die melk by die eiermengsel en klits elke keer deeglik.
  3. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou die helfte met ’n groot metaallepel by die beslag in. Vou die res versigtig in.
  4. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak dit ongeveer 45-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

STROOP

  1. Verhit intussen al die bestanddele oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos het. Verhit dit tot kookpunt en prut vir 3-5 minute tot effens stroperig. Hou dit warm.
  2. Keer die koek versigtig uit op ’n afkoelrakkie en plaas ’n skinkbord onder. Skep die warm stroop stadig oor die warm koek sodat dit kan intrek.

VARIASIES

  • Vervang die melk met karringmelk of die helfte van die melk met lemoensap. Die beslag mag dan skif, maar hou net aan klits. Die vanieljegeursel kan met lemoenbloeiselwater vervang word.
  • Roer 125 ml gekapte pekanneute by die beslag.

Bron: Lekker en vinnig: Koeke / Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie deur Heleen Meyer

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annatjie ·

Die koek is nog lekkerder as daar so 125ml rooibostee en 15ml brandewyn by stroop gevoeg word

Kapenaar ·

Ek gaan dit beslis maak. Met rooibostee en brandewyn in stroop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.