Soorte resepte:

[Resep] Lemoenkoek

Lemoenkoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié koek gaan nié die einde van die naweek sien nie!

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • knippie sout
  • 75 ml (5 e) Clover Farmstyle-botter
  • 125 ml (½ k) Clover-volroommelk
  • 4 eiers, geskei
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 125 ml (½ k) Clover Krush-lemoensap

Versiersel

  • 75 ml (5 e) Clover Farmstyle-botter
  • 250 ml (1 k) versiersuiker
  • 30 ml (2 e) Clover Krush-lemoensap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn ringkoekpan met ʼn deursnee van 26 cm goed met botter. Strooi ʼn bietjie koekmeel in die pan en skud die oortollige meel uit.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  3. Verhit die botter en melk saam oor lae hitte tot warm maar nie kokend nie.
  4. Klits die eierwitte styf en klits die strooisuiker geleidelik by.
  5. Gooi die eiergele by en klits tot die mengsel lig en donserig is.
  6. Roer die meelmengsel en melkmengsel beurtelings by die eiermengsel.
  7. Voeg die lemoensap by en roer tot glad.
  8. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak dit 30 minute lank of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
  9. Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel en keer dit dan op ʼn afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Plaas dit op ʼn geskikte koekstaander.
  10. Klits die botter tot liggeel. Klits die versiersuiker geleidelik by. Voeg die lemoensap by wanneer die versiersuiker styf word. Hou aan klits tot die versiersuiker sag en romerig is.
  11. Versier die koek na smaak.
  • Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
  • UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

My kommentaar pas nou glad nie by hierdie heerlike lemoenkoek resep nie, maar op nou die dag se Worskoning artikel kon ons geen kommentaar lewer nie, nou wil ek net graag vra; kan Maroela nie asseblief vir ons n paar worsresepte ook hier sit nie…sosatiewors, bladjangwors, sulke ander worse as boerewors. As mens sosatiewors resep bv Google kry mens net gewone boerewors wat op n stokkie geryg word met uie en mushrooms en ek wil fisies sosatiewors maak. Help asseblief bietjie, baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.