Heerlike koekies vir teetyd.
Lewer 80 koekies
Bestanddele
- 250 g botter
- 250 ml (1 k) suiker
- 60 ml (¼ k) sonneblomolie
- 15 ml (1 e) lemoengeursel
- 1 eier, geklits
- 5 ml (1 t) fyn gedroogde nartjieskil
- 4 x 250 ml (500 g) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- ’n knippie sout
- pienk cachous-lekkers (pienk pilletjies) vir versiering
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
- Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die olie, lemoengeursel en eier by die bottermengsel en meng goed.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die nartjieskil deur. Meng die botter-en-oliemengsel met die droë bestanddele tot ’n deeg vorm. Plaas was- of bakpapier op die deeg en rol dit egalig op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Gebruik ’n deegwieletjie om patrone op die deeg te trek.
- Druk die koekies met ’n ronde koekiedrukker uit en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Versier elke koekie met een cachous-lekker en bak vir 15-20 minute. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel, verwyder dit en plaas dit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.
Bron: Soettand
Uitgewer: Lapa-uitgewer