Soorte resepte:

Resep: Lieftan se sagomelktert

Lieftan se sagomelktert . Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.

Lieftan se sagomelktert . Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.

Lewer 2 middelslagterte

 Bestanddele vir tertkorse:

  • 275 g (500 ml) ongesifte koekmeelblom
  • 50 g (60ml) suiker
  • 2 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 100 g  (110 ml) sagte botter of margarien
  • 1 eier
  • Sowat 100 ml melk

Bestanddele vir sagovulsel:

  • 175 g (250 ml) sago
  • 1,5 liter melk
  • 50 g (100 ml) vlapoeier
  • 250 g botter of margarien
  • 200 g (250 ml) suiker of na smaak
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Knippie sout
  • 6 eiers, geklits
  • Kaneelsuiker na smaak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C (375 °F).
  2. Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam en vryf die botter of margarien daarin tot fyngekrummel.
  3. Breek die eier in ʼn maatbeker oop en vul met melk aan tot 125 ml. Klits, voeg by die meelmengsel en maak aan.
  4. Knie dit effens tot ʼn rolbare deeg, bedek met droëbone of –erte. Bak 10 minute lank in die middel van die oond tot halfgaar.
  5. Verwyder die bone of erte en laat die korse afkoel.
  6. Kook die sago en 1,3 liter van die melk oor matige hitte in ʼn swaarboomkastrol tot die sago uitgedy en deursigtig is. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand.
  7. Los die vlapoeier in die oorblywende 200 ml melk op en roer vinnig by die gaar sagopap tot gemeng. Voeg die botter of margarien, suiker geursel en sout by meng goed en laat afkoel tot lou. Roer dit af en toe om te voorkom dat ʼn skil vorm.
  8. Hou 25 ml van die geklitse eiers eenkant en roer die res by die sagomengsel. Skep dit in die korse en smeer gelyk.
  9. Strooi kaneelsuiker bo-oor.
  10. Rol die oorskietdeeg dun uit en sny in lang smal repe. Plaas in traliepatroon oor die vulsel.
  11. Verf die deegrepe met die 25 ml geklitse eier.
  12. Bak 30-40 minute lank, ook by 190 °C (375 °F), tot goudbruin. Sit dit louwarm of koud voor.

Bron:

Huisgenoot Wenresepte 1 deur Anette Human word uitgegee deur Human & Rousseau. Vir meer inligting oor die boek besoek NB-uitgewers se webwerf of lees Maroela Media se artikel oor die gewilde resepteboek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.