Soorte resepte:

[Resep] Liesel se vinnig en maklike bruffens

Foto: Verskaf

Liesel se vinnig en maklike bruffens. Foto: Verskaf

Liesel Krause-Wiid deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.

Bestanddele:

  • 1 pak deeg
  • tamatie-en-uiesmoor
  • roomkaas
  • gesnipperde ham
  • basilieblare
  • fetakaas
  • tamaties
  • uie en olywe (opsioneel)
  • olyfolie
  • gerasperde kaas

Metode:

  1. Rol die deeg dun uit en smeer met tamatie-en-uiesmoor en roomkaas.
  2. Strooi gesnipperde ham, basilieblare, fetakaas en opgesnyde tamaties bo-oor (uie en olywe opsioneel).
  3. Rol die deeg met die bestanddele op en sny in 6 cm-skywe. Pak twee-twee langs mekaar in ʼn gesmeerde All-in-One-bak.
  4. Smeer of spuit ʼn bietjie olyfolie bo-oor en strooi gerasperde kaas oor.
  5. Bak vir 30 minute teen 180 °C.

Die kompetisie is nou gesluit.

Koop jou Argilla-bak op Maroela Media se aanlynwinkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ilze ·

Gewoonlik gebruik hul brooddeeg, daardie kitsdeeg by supermark in plastieksakkie.

estelle ·

Ek sal graag duidelikheid wil kry oor presies watter soort deeg gebruik moet word. Dankie!

Denise ·

O dit lyk smul lekker ek is gek oor Bruffens dit is fantasties ek is ook gek oor die een met rosyne in Yummy !!! Dankie Liesel vir n heerlike resep kan nie wag om dit te bak nie!!!

AMANDA ·

Ek het hierdie resep die naweek gemaak en kyk ons het behoorlik geeet saam met braaivleis. Daar was selfs oorgewees vir Sondag ontbyt. Absoluut heerlik sal dit weer maak verseker!!! Baie dankie

Bernice Eixas ·

I find this recipe perfect for this thanks giving, you could really not go wrong with this with roasted chicken and steam mixed veggies, I can already imagine the look on my husbands face as he love home made food more than anything.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.