Soorte resepte:

Resep: Ma Sarie se Piesangbrood

Ma Sarie se piesangbrood. Foto: Tannie Poppie Kook

Ma Sarie se piesangbrood. Foto: Tannie Poppie Kook.

Bestanddele:

• 125 g botter of margarien
• 375 ml suiker
• 3 eiers
• 5 ml vanieljegeursel
• 250 ml fyngedrukte piesang
• 500 ml koekmeelblom
• 10 ml bakpoeier
• 1,5 ml sout
• 25 ml melk

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Klits die botter of margarien en suiker saam.
3. Voeg die eiers een vir een by.
4. Voeg die geursel by.
5. Voeg nou die piesangmoes by.
6. Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die piesangmengsel.
7. Skep in ‘n gesmeerde brood pan en bak 1 uur lank tot gaar.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.