Geniet hierdie goue oue!
Lewer 6 porsies
Bestanddele:
- 300 g (600 ml) koekmeel
- 5 ml sout
- 100 ml water
- 1 liter melk
- 750 ml water
- 115 g (125 ml) botter of margarien
- 200 g (250 ml) suiker
- 10 ml fyn kaneel
Metode:
- Meng die koekmeel en sout saam.
- Sprinkel die 100 ml water bietjie vir bietjie oor die meelmengsel terwyl dit met die vingers gevryf word, tot fyn en krummelrig.
- Kook die melk, 750 ml water en botter of margarien saam in ’n kastrol. Verlaag die hitte sodra dit kook en roer die meelmengsel by. Hou aan met roer totdat die mengsel verdik.
- Laat die melkkos stadig prut vir ± 5 minute. Roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie.
- Skep die melkkos in bakkies en sit warm voor met kaneelsuiker.
Bron: Smul sonder sukkel, Olga Wall
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Nee watse gewater is dit, vervang die water met melk, dis immers melkkos en met net melk, sommer nog lekkeder e romeriger.
En jy vryf die meelmengsel g’n met water nie, dit is waarvoor die botter of margarien daar is, om “vrummels” te maak.
Dan kan jy ook ‘n deeg uitrol en in repe sny soos pasta om dan te kook in skoon melk. Weer g’n water nie.