Soorte resepte:

[Resep] Makadamia-koekies 

Makadamia-neutkoekies Foto: Beste uit Vroukeur

Makadamia-neutkoekies Foto: Beste uit Vrouekeur

Wenk: Plaas twee bakplate op mekaar, voer die boonste bakplaat met bakpoeier uit en spuit dit met kossproei. Die twee bakplate sorg dat die koekies nie aan die onderkant te donker bak nie.

Hierdie koekies bevat geen eiers nie.

Ongeveer 40 koekies

Bestanddele:

  • 250 g sagte botter
  • 125 ml (½ k) versiersuiker
  • 100 g ongesoute makadamia-neute, gekap
  • 15 ml (1 e) volroommelk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • knypie sout
  • 250 ml (1 k) versiersuiker

Metode:

  1. Stel die oond op 180 °C. Voer ʼn bakplaat met bakpapier uit. Klits die botter en versiersuiker ongeveer 4 minute lank tot liggeel.
  2. Voeg die neute, melk en vanieljegeursel by en roer tot gemeng. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit in by die bottermengsel.
  3. Skep teelepelsvol deeg uit en rol dit in balletjies. Plaas dit op die bakplaat. Druk die koekies effens platter bo-op en bak 15 minute lank tot ligbruin. Rol die koekies in versiersuiker terwyl dit nog redelik warm is. Laat dit op ʼn afkoelrakkie afkoel. Bêre dit in ʼn lugdigte houer.

Bron: Beste uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.