Soorte resepte:

[Resep] Maklike biltongpotbrood

biltong-potbrood

Foto: Lekker en Vinnig

Wenk: Die brood kan ook vir ’n uur by 180  ̊C in die oond gebak word.

(Uit: Proe Pretville, Leana Pool)

Lewer 1 groot brood

Bestanddele:

  • 125 ml gesmelte botter
  • 500 ml louwarm water
  • 8 x 250 ml koekmeel
  • 20 g (2 pakkies) kitsgis
  • 10 ml sout
  • 50 ml fyngekerfde biltong

Metode:

  1. Meng die gesmelte botter en louwarm water saam.
  2. Meng al die droë bestanddele en die biltong saam. Voeg die bottermengsel by en knie totdat die deeg glad en elasties is. Laat vir 10 minute rus.
  3. Smeer ’n groot platboom-gietysterpot en deksel deeglik met botter.
  4. Knie die deeg af, plaas in die gesmeerde pot en bedek met ’n klam doek. Plaas die deeg op ’n warm plek om tot dubbel in volume te rys.
  5. Sit die pot op stene in die vuur en pak ’n paar kole bo-op die deksel. Reguleer die hitte deur kort-kort nog kole op die deksel te sit.
  6. Bak vir ongeveer 1 uur of totdat ’n toetspen skoon uitkom.

Variasie: Vervang die biltong met gerasperde kaas of gebruik die helfte van elk. Vervang die biltong met stukkies gaar spek.

Bron: Lekker en Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Naomi Nel Pieterse ·

Dankie dat kon inteken op Maroela Media. Dit lyk na n voortreflike App

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.