Soorte resepte:

Resep: Maklike roosmaryn-en-kaasvingers

Maklike roosmaryn-en-kaasvingers (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike happie op jou kaasbord.
Maak 18 tot 24 vingers

Bestanddele

  • 30 g Clover Farmstyle­botter
  • 1 k (250 ml) hawermoutvlokkies
  • 2 k (500 ml) Clover­cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier, geklits
  • 1 t (5 ml) gekapte vars roosmaryn
  • knypie rooipeper
  • knypie sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter in ’n kastrol en meng met die ander bestanddele. Plaas die mengsel in ’n gesmeerde koekpan van 20 cm en bak vir 30 minute of tot goudbruin.
  3. Sny in vingervormige porsies terwyl dit steeds warm is.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.