Soorte resepte:

[Resep] Maklike vleispasteitjies

Varkpasteitjies (Foto: Rooi Rose se Kuierkos)

Varkpasteitjies (Foto: Rooi Rose se Kuierkos)

Die feit dat dié resep varkworsievleis gebruik, sorg dat jy die pasteitjies in ʼn japtrap kan maak! Dis ook perfek vir ʼn piekniek in die warm weer.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

Vulsel

  • 700 g goeie varkworsies
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml vinkelsaad
  • 45 ml port (of lemoensap)
  • ʼn groot handvol pietersielie en grasuie, fyngekap
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 1 appel, gerasper

Kors

  • 200 g koekmeel
  • 200 g botter
  • 200 g cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier

Metode

Vulsel

  1. Druk die varkvleis uit die worsomhulsel in ʼn mengbak.
  2. Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot goudkleurig. Roer die worsvleis by en braai vir 5 min.
  3. Gooi die vinkel, lemoenskil, port en kruie by en meng goed. Geur met sout en peper. Voeg laastens die appel by.

Kors

  1. Verwerk al die deegbestanddele in ʼn voedselverwerker tot goed gemeng. Vorm ʼn ronde skyf met jou hand, draai in kleefplastiek toe en sit in die yskas vir 1 uur.
  2. Rol die deeg op ʼn skoon, meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik.
  3. Druk 8 sirkels van 15 cm en 6 sirkels van 7 cm uit die deeg.
  4. Voer 8 holtes van ʼn muffinpannetjie met die groot deegsirkels uit.
  5. Verdeel die vulsel tussen die holtes en bedek elkeen met ʼn kleiner sirkel. Knyp die “deksels” met jou vingers toe.
  6. Klits die eiers liggies met ʼn knippie sout en verf die deeg daarmee.
  7. Bak vir 40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel en keer die pasteitjies uit.

Bron: Rooi Rose Kuierkos

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ekke ·

Klink lekker. Waar kom die lemoenskil in. Sien dit nie by die vulsel of kors bestandele nie.

Ilse ·

Hi Ekke,

Punt nommer 3 by die vulsel deel van die resep:

3.Gooi die vinkel, lemoenskil, port en kruie by en meng goed. Geur met sout en peper. Voeg laastens die appel by.

Groete

Ilse ·

Dit lyk heerlik, maar waar koop ‘n mens goeie varkworsies? Ek vertrou nie meer die kettingwinkels of slaghuise nie.

SNEL ·

Ek is seker dit gaan nie die kind uit die kooi uitgooi om die varkworsies met maalvleis (wat gemeng is met bietjie speserye) of skaapworsies of gewone boerewors mee te maak nie.

Assie ·

Op hoeveel grade moet die oond wees?

Ek kan verkeerd wees maar ek sien dit nie in die resep nie.

ASG ·

umm – die persoon wat die resep hersien het moet weer loer asb. Geen verwysing na lemonskil in bestandele nie. En waarop moet oond wees? 180? 220?

PS. Dit lyk heerlik – en Chilli sal lekker wees saam die!

Juffrou ·

Ag gebruik jou logika man! Dis LEMOENSAP! Alle sulke tipe goed bak by 180 grade. Weereens logika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.