Soorte resepte:

Resep: Malvapoeding

Malvapoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Ryk, souserig en heerlik!
Genoeg vir 6

Bestanddele

  • 1 e (15 ml) Clover Farmstyle-botter
  • ½ k (125 ml) suiker
  • 1 eier
  • 2 e (30 ml) appelkooskonfyt
  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • ½ t (2 ml) sout
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • ½ k (125 ml) Clover­volroommelk
  • 1 e (15 ml) asyn
  • 1 t (5 ml) koeksoda

SOUS

  • ½ k (115 ml) Clover Farmstyle-botter
  • ½ k (125 ml) suiker
  • ¼ k (60 ml) water
  • ¾ k (180 ml) Clover-room
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en konfyt by en meng goed.
  3. Sif die meel en sout oor die suikermengsel. Voeg die melk, asyn en koeksoda saam en roer by die meel-en-bottermengsel om ’n beslag te vorm. Giet in ’n oondvaste bak en bak vir 45 tot 50 minute.

SOUS

  1. Smelt die botter, suiker en water oor matige hitte in ’n kastrol. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos het. Verwyder van die hitte en roer die room en vanieljegeursel by. Giet die warm sous oor die warm nagereg sodra dit uit die oond kom.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae