Bestanddele:
- 250 ml strooisuiker
- 2 eiers teen kamertemperatuur
- 15 ml fyn appelkooskonfyt
- 1 ¼ koppie meelblom
- 5 ml koeksoda
- Knippie sout
- 30 ml botter
- 5 ml asyn
- 125 ml melk
Sous se bestanddele:
- 250 ml room
- 125 ml botter
- 125 ml suiker
- 125 ml lemoensap, sjerrie of brandewyn
Metode:
- Gebruik ‘n mediumgrootte mengbak. Klop die eiers en strooisuiker met ‘n klitser deeglik saam tto lig en donsig.
- Klop die appelkooskonfyt by.
- Sif die droë bestanddele drie maal saam.
- Smelt die botter en voeg dit by die asyn en melk.
- Vou die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel.
- Gooi die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Bak vir 45 minute teen 180 °C.
- Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk om die sous te help intrek.
- Dien warm op saam met vla of room.
Bron:
Onthou jy nog? ‘n versameling resepte wat deur Anna Eksteen saamgestel is. Die resepteboek kan bestel word deur Anna by 082 294 6799 te skakel.
Dis tog een woord. “Malvapoeding”, nie “malva poeding” nie. Nes dit appelkooskonfyt is en nie “appelkoos konfyt” nie.
Paul, so bly daar is nog mense wat taalgruwels raaksien. As mens vir ‘n publikasie skryf moet mens tog mos seker maak spelling is korrek. Dis afskeepwerk en swak! Dan kerm mense Afrikaans se voortbestaan word bedreig – ja, as dit is hoe mense skryf dan is dit!
Dagsê Paul en EMK
Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het. Dankie dat julle dit onder ons aandag gebring het! Ons het die wysigings aangebring.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
vervang die brandewyn of liquer met Amaroela ! Dit is heelik !
Heerlike poeding gebak met die resep, baie dankie! Al die pad hier uit Abu Dhabi