Soorte resepte:

Resep: Malvapoeding

malva-poeding

Malvapoeding. Foto: Rainbowcooking.co.nz

Bestanddele:

  • 250 ml strooisuiker
  • 2 eiers teen kamertemperatuur
  • 15 ml fyn appelkooskonfyt
  • 1 ¼ koppie meelblom
  • 5 ml koeksoda
  • Knippie sout
  • 30 ml botter
  • 5 ml asyn
  • 125 ml melk

Sous se bestanddele:

  • 250 ml room
  • 125 ml botter
  • 125 ml suiker
  • 125 ml lemoensap, sjerrie of brandewyn

Metode:

  1. Gebruik ‘n mediumgrootte mengbak. Klop die eiers en strooisuiker met ‘n klitser deeglik saam tto lig en donsig.
  2. Klop die appelkooskonfyt by.
  3. Sif die droë bestanddele drie maal saam.
  4. Smelt die botter en voeg dit by die asyn en melk.
  5. Vou die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel.
  6. Gooi die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Bak vir 45 minute teen 180 °C.
  7. Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk om die sous te help intrek.
  8. Dien warm op saam met vla of room.

Bron:

Onthou jy nog? ‘n versameling resepte wat deur Anna Eksteen saamgestel is. Die resepteboek kan bestel word deur Anna by 082 294 6799 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul ·

Dis tog een woord. “Malvapoeding”, nie “malva poeding” nie. Nes dit appelkooskonfyt is en nie “appelkoos konfyt” nie.

EMK ·

Paul, so bly daar is nog mense wat taalgruwels raaksien. As mens vir ‘n publikasie skryf moet mens tog mos seker maak spelling is korrek. Dis afskeepwerk en swak! Dan kerm mense Afrikaans se voortbestaan word bedreig – ja, as dit is hoe mense skryf dan is dit!

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul en EMK

Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het. Dankie dat julle dit onder ons aandag gebring het! Ons het die wysigings aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan van Rensburg ·

vervang die brandewyn of liquer met Amaroela ! Dit is heelik !

Grete ·

Heerlike poeding gebak met die resep, baie dankie! Al die pad hier uit Abu Dhabi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.