Soorte resepte:

Resep: ‘Manlike’ paptert

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Ciska Arendt het dié resep ingestuur. ʼn Vriend het ʼn naweek by haar kom kuier en toe dié paptert voorberei. Dít is hoe sy dit leer ken het.

“Die soet van die mielies met die sout van die spek gee ’n heerlike smaak. Dit is selfs lekkerder die volgende oggend,” sê sy.

As jy ook ʼn resep het wat ʼn storie vertel of ʼn familieresep so ná jou hart, stuur dit vir ons hier.

Bestanddele

  • 1 blikkie sampioene
  • 250 g fyn spek
  • 1 k mieliemeel
  • 2 k water
  • 1 blikkie geroomde mielies
  • 1 eier
  • 1 k cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Braai die spek en sampioene in ’n pan tot gaar.
  2. Maak mileiepap van die mieliemeel en plaas al die bestanddele in ’n oondvaste bak en meng dit deur.
  3. Bak teen 180 °C vir 45 minute.
  4. Strooi kaas bo-oor.
  5. Bak nog 15 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ouma ·

Goeie more. Ek wil net weet is die resep se naam
*manlike paptert* of dalk
*maklike paptert* ?????????

ANNA ·

Maak jy eers jou pap gaar voordat jy die met die res van die bestandele meng?

Annamarie ·

Ek sou se mens sit die kastrol op die plaat, gooi die 2 k kook water in die kastrol met sout na smaak en as dit kook roer die mieliemeel daar in met ‘n houtlepel ( ek verkies om ‘n 2 tand vurk te gebruik dit help sodat dit nie klonte vorm nie) wanneer die meel goed deurgeroer is sit deksel op en laat kook vir so 30 min op lae hitte. Skep dan die pap in die oond bak en meng/roer dan al die ander bestandeel daar in saam. Ek sou dit weer met die 2 tand vurk deurgeroer het. Maak dan met foelie toe met blink kant buite toe vir die tyd wat dit in die oond is. Strooi dan kaas bo oor en bak dan sonder foelie verder tot mooi bruin gebak is. MAAR DIS HOE EK HOM SAL MAAK …. ek weet nie presies watter metode die eienaar van die resep volg nie.

Chris ·

Ek wil ook graag weet asb of die pap eers gaargemaak moet word

Se maar net ·

Sou eerder dink die tert se naam moet wees: Maklike mielietert. Naam maak mens deurmekaar!
Paptert is ‘n lang storie, met baie bestandele in..

BLOM ·

Volgens al die paptert resepte wat ek al gesien het, moet jy die pap eers
gaarmaak.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentaar. Hierdie is ‘n familieresep wat deur ‘n Maroela Media-leser ingestuur is, en sy het dit presies so vir ons aangestuur. Ons het wel die metode verander sodat die pap eers aangemaak word.

Lekker bak!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Susan ·

Die oorspronklike resep is/was reg. Ek ken dit ook so, het trouens ‘n paar variasies daarvan. Dit is heerlik en maklik. Mens maak NIE vooraf die pap aan of gaar nie. (Daar is wel sulke resepte ook, maar dis iets heeltemal anders) Vir hierdie maklike paptert of pap gereg word die bestandele sommer direk in ‘n gesmeerde bak gemeng en dan in die oond gebak. Mens kan selfs die uie ens rou inmeng. Hier is my gunsteling weergawe:

MAKLIKE EENBAK PAP TERT GEREG (in die oond)
Basiese resep:
250 ml room
1 blik room mielies (sweetcorn)
1 blik water
1 ½ kop pap meel (rou)
4 t bakpoeier
4 eiers
4 eetlepels suiker
1 t sout
Voeg by na smaak wat jy het, of van hou, bv: gesnipperde spek, ham, biltong, gerasperde uie, sampioen, green pepper. (Ek sit dit rou by, mens kan dit sekerlik eers bietjie roerbraai)
Meng alles saam en bak (oop) in ‘n gesmeerde oondbak vir 45 min – 1 uur by 180 C.
Toets met mes op 45 min of dit gaar is. Strooi gerasperde kaas oor en bak verder.
Genoeg vir 10 – 12. Bedien met sheba
NS ek het al die room met melk of water vervang.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir jou kommentaar. Hierdie is ‘n familieresep wat deur ‘n Maroela Media-leser ingestuur is. Dié leser het sowaar die resep “manlike paptert” eerder as “maklike paptert” genoem.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

BRAAM ·

Maak mieliepap DUUH pap is gaar …anders is dit meel slaai

ANNA ·

Braam as jy die bestandele lees sal jy sien hulle praat van mieliemeel en nie 1 koppie mieliepap nie. Dus is dit n logiese vraag om te vra

Ekke ·

Hoe nou….. “aangemaak” sê nog nie of die pap vooraf gaar gemaak moet word nie…. nogsteeds nie duidelik nie…

wilma ·

Kyk na “Metode”. Ek vermoed dit is ‘n regstelling want dit lees nou mieliepap. Sover my kennis strek, word gaar pap gemeng met ander bestanddele en dan in oond gebak.

Cherokee ·

Vraag is of die regte bewoording gebruik is want pap is gaar anders is dit deeg.

Ekke ·

As als gaar is…pap i gesluit….hoekom dit dan verder bak vir n uur….???

Hoe dit ookal sy ·

“Manlike paptert” maak regtig nie sin nie, MM. “Maklike paptert” wel. Mens moet darem jou kop ook gebruik. Daar bestaan iets soos tikfoute in die lewe…

wilma ·

Die ‘manlike’ verwys seker tong in die kies na die feit dat die paptert die resep van ‘n man is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.