Soorte resepte:

[Resep] Marmerkoek

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Marmerkoek. Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Pienk jelkleursel kan ook met pienk of rooi voedselkleursel vervang word. Gebruik minder rooi kleursel omdat dit die beslag vinnig pienk kleur.

1 koek

Bestanddele:

Koek

  • 187 ml ( ¾ k) kookwater
  • 125 ml ( ½  k) olie
  • 5 ekstragroot eiers
  • 375 ml ( 1 ½  k) strooisuiker
  • 625 ml (2 ½  k) koekmeel
  • 30 ml (2 e) melkpoeier
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • knypie sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 2 druppels donkerpienk jelkleursel

Versiersel

  • 250 ml (1 k) versiersuiker
  • 30 ml (2 e) kookwater
  • 2,5 ml ( ½ t) suurlemoensap
  • 1 druppel donkerpienk jelkleursel

Metode:

Stel oond op 180° C

Koek

  1. Meng kookwater en olie en hou eenkant.
  2. Klits die eiers goed. Klits die suiker bietjies-bietjies by.
  3. Sif die koekmeel, melkpoeier, bakpoeier en sout.
  4. Roer die meelmengsel en oliemengsel beurtelings by die eiermengsel om ʼn beslag te vorm.
  5. Verdeel die beslag in twee.
  6. Roer vanieljegeursel by die een helfte en jelkleursel by die ander helfte van die beslag.
  7. Skep die wit beslag in ʼn gesmeerde ringkoekpan met ʼn 26 cm-deursnee, gevolg deur pienk beslag. Trek ʼn sosatiestokkie deur die beslag om ʼn marmerpatroon te skep.
  8. Bak vir 30 minute of totdat ʼn toetspen skoon uitkom.

Versiersel

  1. Sif versiersuiker in ʼn groot mengbak.
  2. Meng die kookwater, suurlemoensap en kleursel en roer by die versiersuiker. Dit moet dik, maar loperige versiersel wees. Voeg nog bietjie kookwater by indien nodig. Skep die versiersel bo-oor die koek en sit voor.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.