Soorte resepte:

[Resep] Mascarponebruintjies met sjokolade, amandels en ganache

Mascarponebruintjies met ganache. Foto: Leserskring spogresepte

Mascarponebruintjies met ganache. Foto: Leserskring spogresepte

Annerien Vermeulen, Centurion

Lewer 16 bruintjies

Tydens vakansietye is die gesin altyd lus om iets soet te smul. Die bruintjies is ’n maklike en vinnige manier om die hele gesin gelukkig te hou.

Bestanddele vir bruintjies

  • 250 ml ongesoute botter
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 250 ml suiker
  • 125 ml kakao
  • 125 ml mascarpone
  • 3 eiers
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 125 ml koekmeel
  • 2 ml soul
  • 50 g amandelvlokkies, gerooster
  • 50 g witsjokolade, gekap

Ganache (Opsioneel)

  • 200 ml vars room
  • 20 ml ongesoute bolter
  • 200 g donkersjokolade, gekap
  • 50 g amandelvlokkies, gerooster

Verhit die oond tot 160 ˚C. Smeer ‘n vierkantige 15 cm-pan.

Metode om die bruintjies te maak:

  1. Verhit die botter in ’n kastrol totdat dit smelt – moenie laat kook nie.
  2. Haal van die stoof af en voeg die sjokolade by.
  3. Roer totdat die sjokolade gesmelt het.
  4. Meng die suiker en kakao saam en roer dit dan by die sjokolademengsel in.
  5. Klop die mascarpone, eiers en vanieljegeursel tot glad en roer dit dan by die sjokolademengsel in.
  6. Vou die meel, sout, amandels en witsjokoladestukkies in.
  7. Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 45 – 50 minute of totdat ’n toetspen in die middel skoon uitkom.

Metode vir die ganache:

  1. Maak die ganache terwyl die bruintjies in die oond is.
  2. Verhit die room en botter in ’n kastrol oor mediumhitte tot net onder kookpunt.
  3. Giet die warm roommengsel oor die gekapte sjokolade en roer tot glad.
  4. Haal die bruintjies uit die oond en laat vir 10 – 15 minute afkoel.
  5. Smeer die warm ganache oor die bruintjies en strooi amandelvlokkies oor.
  6. Sit eenkant tot die ganache gestol het en sny dan in vierkante.
  7. Sit net met koffie of tee, of met roomys as ’n dekadente nagereg voor.

 Bron: Leserskring spogresepte
Uitgewer: Human & Rousseau

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae