Annerien Vermeulen, Centurion
Lewer 16 bruintjies
Tydens vakansietye is die gesin altyd lus om iets soet te smul. Die bruintjies is ’n maklike en vinnige manier om die hele gesin gelukkig te hou.
Bestanddele vir bruintjies
- 250 ml ongesoute botter
- 100 g donkersjokolade, fyngekap
- 250 ml suiker
- 125 ml kakao
- 125 ml mascarpone
- 3 eiers
- 10 ml vanieljegeursel
- 125 ml koekmeel
- 2 ml soul
- 50 g amandelvlokkies, gerooster
- 50 g witsjokolade, gekap
Ganache (Opsioneel)
- 200 ml vars room
- 20 ml ongesoute bolter
- 200 g donkersjokolade, gekap
- 50 g amandelvlokkies, gerooster
Verhit die oond tot 160 ˚C. Smeer ‘n vierkantige 15 cm-pan.
Metode om die bruintjies te maak:
- Verhit die botter in ’n kastrol totdat dit smelt – moenie laat kook nie.
- Haal van die stoof af en voeg die sjokolade by.
- Roer totdat die sjokolade gesmelt het.
- Meng die suiker en kakao saam en roer dit dan by die sjokolademengsel in.
- Klop die mascarpone, eiers en vanieljegeursel tot glad en roer dit dan by die sjokolademengsel in.
- Vou die meel, sout, amandels en witsjokoladestukkies in.
- Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 45 – 50 minute of totdat ’n toetspen in die middel skoon uitkom.
Metode vir die ganache:
- Maak die ganache terwyl die bruintjies in die oond is.
- Verhit die room en botter in ’n kastrol oor mediumhitte tot net onder kookpunt.
- Giet die warm roommengsel oor die gekapte sjokolade en roer tot glad.
- Haal die bruintjies uit die oond en laat vir 10 – 15 minute afkoel.
- Smeer die warm ganache oor die bruintjies en strooi amandelvlokkies oor.
- Sit eenkant tot die ganache gestol het en sny dan in vierkante.
- Sit net met koffie of tee, of met roomys as ’n dekadente nagereg voor.
Bron: Leserskring spogresepte
Uitgewer: Human & Rousseau