Soorte resepte:

[Resep] Mediterreense knoffelbrood

mediterreense-knoffelbrood

Foto: Japtrap-braai

Met ’n paar ekstra bestanddele kan ’n knoffelbrood in iets dekadents en propvol geur verander word. As jy tyd wil spaar, koop ’n klaarbereide knoffelbrood van goeie gehalte.

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele:

  • 1 groot klaarbereide knoffelbrood

Vulsel

  • 1 x 125 g-pakkie basiliekruidpesto
  • 12-18 snytjies mozzarellakaas
  • 1 x 240 g-pakkie songedroogde tamatiekwarte in olie en asyn, gedreineer
  • handvol swart olywe, ontpit en gekap
  • varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Maak die knoffelbrood oop en smeer van die basiliekruidpesto aan een kant van die snytjies in die brood.
  2. Plaas ’n snytjie kaas, 1 of 2 tamatiehelftes en ’n paar olyfstukkies tussen die broodsnytjies. Geur met swartpeper.
  3. Vou weer die knoffelbrood in die aluminiumfoelie toe.
  4. Bak dit oor ’n lig tot matige warm gasvlam of kole vir 15-20 minute tot die kaas gesmelt en die brood deurwarm is. Sit dadelik voor.

Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.