12 porsies
Bestanddele:
125 ml (½ k) water
knypie sout
187 ml (¾ k) suiker
500 g (5 plakke) donkersjokolade, in blokkies gebreek
250 g (½ blok) botter, teen kamertemperatuur en in blokkies gesny
6 ekstragroot eiers
Versiering:
bietjie kakao
30 g pistachioneute, fyngekap
Stel oond op 160 °C.
Metode:
1. KOEK: Verhit water, sout en suiker in kastrol tot warm. Roer tot suiker opgelos is. Hou eenkant.
2. Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70%-krag. Roer tot glad.
3. Skep sjokolade in groot mengbak en klits botter met elektriese klitser blokkie vir blokkie daarby in.
4. Klits watermengsel by sjokolademengsel.
5. Klits eiers een vir een by. Klits goed ná elke byvoeging.
6. Skep beslag in losboomkoekpan met 22 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is.
7. Plaas koekpan in oondpan wat halfvol water is.
8. Bak vir 50 minute. Middel van koek sal nog half rou lyk, maar moenie verder bak nie. Verwyder koekpan uit waterbad.
9. Plaas koekpan in yskas en keer volgende dag uit.
10. VERSIERING: Sif kakao bo-oor koek en sprinkel pistachioneute oor soos verkies.
Resep oorspronklik gepubliseer in 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering