Vier vandag Nasionale Melktertdag met dié deftige melktertresep.
Bestanddele
SOET BROSKORSDEEG
- 1 ¼ k (175 g) koekmeel
- 2 e (30 ml) versiersuiker
- ⅓ k (85 g) Clover Mooi River-botter, verkoel en in klein blokkies gesny
- 1 eiergeel
- 1 e (15 ml) koue water
VULSEL
- 4 k (1 l) Clover Mmmilk-vanieljegeur-volroommelk
- 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
- 2 lourierblare
- ¾ k (150 g) suiker
- 3 eiers
- 3 e (45 ml) koekmeel
- 3 e (45 ml) mielieblom
AFRONDING
- 1 t (5 ml) fyn kaneel
- ¼ t (1 ml) neutmuskaat
- ¼ t (1 ml) kakaopoeier
Metode
SOET BROSKORSDEEG
- Meng die meel en versiersuiker in ʼn Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
- Voeg die eiergeel en koue water by en meng tot ʼn deeg begin vorm. Vorm ʼn deegbal en bedek met kleefplastiek. Verkoel vir minstens 30 minute.
- Voorverhit die oond tot 200 °C en rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit.
- Smeer ʼn 23 cm-tertpan en voer die bodem en kante van die pan met die deeg uit. Verkoel die deeg vir ʼn verdere 20 minute. Plaas die tertpan op ʼn bakplaat en bak blind.
VULSEL
- Meng die melk, botter en lourierblare in ʼn kastrol en laat oor lae hitte prut. Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig.
- Voeg die meel en mielieblom by en klits tot glad.
- Verwyder die lourierblare en giet die warm melkmengsel oor die eiermengsel. Meng goed. Plaas die mengsel terug op die stoof en laat vir 2 tot 3 minute prut tot die mengsel begin verdik.
- Giet die vulsel in die gebakte deegdop en laat vir minstens 2 uur rus om te stol.
- Meng die kaneel, neutmuskaat en kakaopoeier en strooi dit bo-oor die tert voor opdiening.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewers: Lapa
175 gram koekmeel is verseker NIE 1/4 koppie nie. Moet dalk 1 en ‘n 1/4 koppie wees.
Dagsê Marlene
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania
nms Maroela Media