Soorte resepte:

Resep: Melktert (gebak)

Argieffoto

Argieffoto

Kors:
3 k meelblom, gesif
1 t kremetart
250 g botter (koud)
1 k room (koud)
1 eiergeel
2 e suurlemoensap of asyn
2 e brandewyn

Metode:
1. Sif die meel en kremetart drie keer saam.
2. Rasper die botter by en vryf in.
3. Meng die room, eiergeel, suurlemoensap en brandewyn en klits effens tot skuim.
4. Gooi hierdie mengsel oor die meelmengsel en maak liggies aan.
5. Alles moet yskoud wees.
6. Voer tertborde of panne hiermee uit.

Vulsel:
6 koppies melk (250 ml x 6)
Kook die melk saam met stukkies lemoenskil en pypkaneel.
Meng tesame: 1 k meel, gesif, ½ klein k mielieblom, 1½ k suiker en 1 k melk.

Metode:
1. Verwyder die skil en pypkaneel uit die kookmelk.
2. Roer die meelmengsel in en laat kook tot gaar.
3. Klits 8 eiergele aangemaak met ‘n bietjie van die warm melktertpap en roer in asook 1 hoogvol e botter en knypie sout.
4. Klits die eierwitte goed, maar nie droog nie en vou in vulsel.
5. Skep in die panne met die kors en bak 5 minute vinnig in ‘n warm oond van 200°C (400°F)
6. Verminder hitte na 180°C (350°F) en bak nog 10 minute.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.