Soorte resepte:

Resep: Melktert

Melktert

Melktert. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad.

Hierdie resep is genoeg vir twee terte.

Bestanddele vir die kors:

  • 100 ml sagte botter
  • 100 ml suiker
  • 2 eiers
  • 175 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • Knypie sout

Metode:

  1. Meng als goed saam en plaas in die yskas. Dit maak dit makliker om die beslag onder en rondom die tertbord te smeer.
  2. Smeer in tertborde wat goed gespuit is.

Bestanddele vir die melktertvulsel:

  • 750 ml melk, hou so 150 ml daarvan eenkant
  • 50 ml koekmeel
  • 50 ml maizena
  • 300 ml suiker
  • 250 g botter
  • 4 eiers geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Kaneel

Metode:

  1. Verhit melk in kastrol en voeg die botter by as die melk warm is. Hou aan roer.
  2. Meng intussen die bietjie melk wat eenkant gesit is met meel, maizena en suiker. Meng goed want daar mag nie klonte wees nie.
  3. Voeg vanieljegeursel by.
  4. Skei die eiers in aparte bakkies.
  5. Voeg die meelmengsel by die melk, wanneer die melk warm is. Hou aan roer totdat dit begin verdik.
  6. Voeg die eiergele een-vir-een by sodra die verslag verdik. Moenie ophou roer nie.
  7. Klits die eierwitte en roer vinnig by die beslag. Haal die kastrol van die stoofplaat af.
  8. Gooi die vulsel oor deeg in terborde en bak dit by 180 °C vir 25 tot 30 minute.
  9. Die tert is gereed as die kors gaar is. Die vulsel sal stol as dit afkoel.
  10. Strooi kaneel bo-oor.

Bron:

Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.