Hierdie resep is genoeg vir twee terte.
Bestanddele vir die kors:
- 100 ml sagte botter
- 100 ml suiker
- 2 eiers
- 175 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- Knypie sout
Metode:
- Meng als goed saam en plaas in die yskas. Dit maak dit makliker om die beslag onder en rondom die tertbord te smeer.
- Smeer in tertborde wat goed gespuit is.
Bestanddele vir die melktertvulsel:
- 750 ml melk, hou so 150 ml daarvan eenkant
- 50 ml koekmeel
- 50 ml maizena
- 300 ml suiker
- 250 g botter
- 4 eiers geskei
- 5 ml vanieljegeursel
- Kaneel
Metode:
- Verhit melk in kastrol en voeg die botter by as die melk warm is. Hou aan roer.
- Meng intussen die bietjie melk wat eenkant gesit is met meel, maizena en suiker. Meng goed want daar mag nie klonte wees nie.
- Voeg vanieljegeursel by.
- Skei die eiers in aparte bakkies.
- Voeg die meelmengsel by die melk, wanneer die melk warm is. Hou aan roer totdat dit begin verdik.
- Voeg die eiergele een-vir-een by sodra die verslag verdik. Moenie ophou roer nie.
- Klits die eierwitte en roer vinnig by die beslag. Haal die kastrol van die stoofplaat af.
- Gooi die vulsel oor deeg in terborde en bak dit by 180 °C vir 25 tot 30 minute.
- Die tert is gereed as die kors gaar is. Die vulsel sal stol as dit afkoel.
- Strooi kaneel bo-oor.
Bron:
Willie Strauss is die aanbieder van ASTV se gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel. Besoek die program se Facebookblad vir nog ‘n paar lekker resepte.