Soorte resepte:

Resep: Muesli-stafies

Muesli-stafies( Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 18 koekies

Maak dié stafies en hou dit as ʼn peuselhappie vir wanneer jy ʼn besige dag gaan hê.

Bestanddele

  • 250 g (280 ml) botter
  • 220 g (250 ml) strooisuiker
  • 30 ml heuning
  • 225 ml (560 ml) hawermout
  • 65 g (180 ml) klapper
  • 30 g (250 ml) graanvlokkies, liggies gebreek
  • 80 ml gevlokte amandels
  • 5 ml gemengde speserye
  • 90 g (125 ml) gedroogde appelkose, fyngekap
  • 180 g (250 ml) gemengde droëvrugte, fyngekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 ° Smeer ʼn reghoekige koekpan van 30 x 20 cm liggies met margarien, voer die bodem en die kante met waspapier uit en smeer weer.
  2. Smelt die botter, suiker en heuning saam oor lae hitte tot die botter gesmelt en die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte.
  3. Meng die res van die bestanddele saam en voeg die gesmelte bottermengsel daarby. Meng deeglik.
  4. Druk die mengsel stewig in die pan vas. Sny dit met ʼn skerp mes in 18 stafies, maar moenie tot op die bodem deursny nie.
  5. Bak vir 45 minute en keer dit op ʼn houtbord uit om af te koel. Sny weer op die snymerke deur in stafies wanneer dit afgekoel het.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santie ·

Wil net seker maak:- die hawermout lees 225ml (560ml) – nou watter een is gram? Die 225?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.