Soorte resepte:

Resep: Micheal se soutigheid

Bestanddele:

Michael se soutigheid. Foto: Tannie Poppie Kook

Michael se soutigheid. Foto: Tannie Poppie Kook

• 500 ml melk
• 4 eiers
• 250 ml sonneblomolie
• 500 ml koekmeelblom
• 4 ml sout
• 4 ml Aromat
• 20 ml bakpoeier
• Enige vulsel (sien kommentaar)
• 250 ml gerasperde cheddarkaas
• Paprika

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350 of).
2. Klits die melk, eiers en olie saam.
3. Sif die droë bestanddele saam.
4. Klits die meelmengsel bietjiesgewys by die melkmengsel (dit lyk amper soos pannekoekbeslag).
5. Skep holtes van gesmeerde kolwyntjiepanne 1/3 vol beslag.
6. Skep 5 ml van jou vulsel op die basis.
7. Sprinkel kaas bo-oor.
8. Bedek met beslag tot elke holte 3/4 vol is.
9. Sprinkel ‘n bietjie paprika oor en bak 20 minute lank.

Kommentaar:
Gebruik enige oorskietkos van die vorige ete – groente of vleis as vulsel . Kap dit net fyn.
As jy geen oorskietkos het nie, kan jy selfs net die kaas gebruik.
My gunsteling vulsel is gebraaide, gekapte spekvleis.
Gooi die beslag in ‘n beker en vul die kolwyntjie

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacoba Magrietha Meyer (Grieta) ·

Goeie dag.
Baie dankie vir die resepte afdeling.
Is dit moontlik om hierdie heerlike resepte te kan ‘print’ Ek sal graag dit voor my wil hê wanneer ek dit maak.
Baie dankie.
Grieta

Sune van Heerden ·

Dagsê Grieta

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Ek hoop jy kom reg!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.