Soorte resepte:

Resep: Mielietert

Mielietert (Foto: Lapa-uitgewers)

Bestanddele

  • 840 g (2 x 420 g-blikke) geroomde mielies
  • 4 ekstragroot eiers
  • 60 ml (4 e) botter, gesmelt
  • 60 ml (4 e) suiker
  • 60 ml (4 e) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele saam.
  3. Giet mengsel in ronde tertbord of blikbord van 24 cm, wat met kossproei gespuit is.
  4. Bak vir 1 uur of tot ligbruin.
  5. Sit warm of koud voor.

Bron: Sterkos: Kook saam met die sterre

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

mielie ·

dis heerlik. ek sit n bietjie gaar bacon en kaas by. my gesin verslind dit. heerlik saam met braaivleis.

izette ·

Saam die beacon kan dit net lekker wees….ek gaan ook een die naweek bak,beslis!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.