Soorte resepte:

Resep: ‘Miljoenêr in wording’ Sjokoladekoek

Miljoener-in-wording-sjokoladekoeke-Josh-Thirion

Josh Thirion se ‘Miljoenêre in wording’ sjokoladekoek is sy gunsteling resep uit die jong man se tweede kookboek. Foto: Bak met Josh/Randomstruik.co.za

Genoeg vir 20 tot 24 mense.

Bestanddele:

Die koek:

  • 300 g suiker
  • 1 teelepel (5 ml) vanieljegeursel
  • 5 eiers, geskei
  • 3/4 koppie (180 ml) olie
  • 3/4 koppie (180 ml) water
  • 250 g koekmeel
  • 1 eetlepel (15 ml) bakpoeier
  • 4 eetlepels kakao
  • ¼ teelepel (1 ml) sout

Die stroop:

  • 1½ koppie (375 ml) water
  • 300 g suiker
  • 3 eetlepels (45 ml) koffiepoeier
  • 1 teelepel (5 ml) vanielegeursel

Die versiersel:

  • 1 koppie (250 ml) vars room
  • 1x 360 g blik karamelkondensmelk
  • 1x 32 g Flake-sjokolade
  • ‘n paar rooi kersies, gehalveer

Metode:

Om die koek te maak:

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ‘n standaard reghoekig oondpan.
  2. Klits die suiker, vanieljegeursel en eiergele saam. Voeg die olie en water by die eiermengsel en klits goed.
  3. In ‘n ander bak, sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits tot goed gemeng.
  4. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou in die meel-en-eiermengsel in.
  5. Giet die deeg in die oondpan en bak vir 20 tot 25 minute, of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  6. Maak die stroop 5 minute voor die einde van die baktyd.

Om die stroop te maak:

  1. Verhit al die stroop se bestanddele in ‘n kastrol oor medium hitte.
  2. Sodra die suiker en koffie opgelos en die stroop heeltemal verhit is, haal dit van die stoof af en giet dit dadelik oor die warm koek.
  3. Sit die koek eenkant om af te koel voor jy dit versigtig op ‘n draadrak uitkeer.

Om die versiersel te maak:

  1. Klop die room tot dit stywe pieke vorm en voeg dan die karamel by. Meng dit goed.
  2. Smeer die versiersel oor die koek.
  3. Sny in vierkante en sit ‘n kersie op elke skyf.
  4. Krummel ‘n Flake-sjokolade oor die versiersel.

Bron:

Bak met Josh – resepte en speletjies vir kinders deur Josh Thirion. Die ‘Miljoenêr in wording’ sjokoladekoek is dié jong sjef se gunsteling resep uit sy tweede kookboek.

Die resepteboek kan by www.randomstruik.co.za bestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.