Soorte resepte:

[Resep] Mini-suikermieliebroodjies

Foto: Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Mini-suikermieliebroodjies. Foto: Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit

Lewer 4 mini-broodjies

Bestanddele:

  • 215 g-blik KOO- geroomde suikermielies
  • 100 ml gesifte mieliemeel
  • 5 ml Royal-bakpoeier
  • 1 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 groot eier, geskei
  • 25 ml kanola- of olyfolie

Metode:

  1. Verhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Roer die suikermielies, meel, bakpoeier, sout en peper tot gemeng.
  3. Klits die eierwit tot styf maar nie droog nie. Hou eenkant. Klits die eiergeel en olie tot gemeng. Roer die eiermengsel by die suikermieliemengsel en vou die eierwitte in.
  4. Skep die deeg in vier gesmeerde mini-broodpannetjies.
  5. Bak vir 30-35 minute tot goudkleurig en gaar. Laat die broodjies vir 10 minute in die pannetjies afkoel voordat dit op ʼn draadrakkie uitgekeer word om verder af te koel.

Kan ek dit bêre?

  • Die suikermieliebroodjies smaak die beste wanneer dit vars gebak is, maar kan vir 24 uur verkoel word in ʼn houer met ʼn digsluitende deksel. Bevriesing word nie aanbeveel nie.

Voorstelle en variasies

  • Voeg 10 ml gekapte vars pietersielie aan die einde van stap 2 by en strooi in stap 4 ʼn bietjie paprika oor die deeg voordat die broodjies gebak word.

Bron: Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.