Soorte resepte:

Resep: Murgpampoentjie-en-sjokoladekoek

Murgpampoentjie-en-sjokoladekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Vreemde kombinasie wat jou dalk nét sal verras.

Genoeg vir 8

Bestanddele

KOEK

  • 350 ml gerasperde murgpampoentjies
  • 75 g (125 ml) pekanneute, fyngekap
  • 75 g (125 ml) haselneute, gerooster en skilletjies afgevryf en fyngekap
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml elk koeksoda, fyn kaneel en sout
  • 1 ml fyn neutmuskaat
  • 150 g donker sjokolade
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 150 ml sonneblomolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 190 ml melk
  • 10 ml suurlemoensap

VERSIERSEL

  • 100 g kooksjokolade
  • 1 ml sonneblomolie
  • 50 g (50 ml) botter
  • 5 ml heuning
  • 100 g (250 ml) gevlokte amandels
  • 40 g (50 ml) suiker

Metode

KOEK

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n diep 20 cm-koekpan goed en voer met bakpapier uit.
  2. Meng die murgpampoentjies en neute saam en hou eenkant.
  3. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, sout en neutmuskaat saam in ’n mengbak.
  4. Smelt die sjokolade in die mikrogolf en hou eenkant.
  5. Klits die suiker, eiers en olie saam tot lig en donsig.
  6. Voeg die geursel en die gesmelte sjokolade lepel vir lepel by. Klits aanhoudend.
  7. Vou die meel om die beurt met die melk by die sjokolademengsel in en roer die suurlemoensap by.
  8. Vou die murgpampoentjiemengsel by en giet in die pan. Bak vir 60-70 minute, of tot gaar wanneer met ’n metaalpen getoets word.
  9. Maak die koek versigtig los van die kante en keer op ’n afkoelrak uit. Laat heeltemal koud word en trek die bakpapier af.

VERSIERSEL

  1. Smelt die sjokolade, botter, olie en heuning saam in ’n glasmengbak in die mikrogolf.
  2. Smeer die bokant en kante van die koek daarmee en strooi ’n derde van die amandels oor.
  3. Plaas die res van die amandels en die suiker in ’n pan, verhit en laat die suiker karamelliseer. Keer dit op ’n marmerblad uit wat liggies met olie gesmeer is om koud te word. Breek in stukkies en strooi oor die koek.

Bron: Ek sou kon doen met ʼn pampoen deur Nettie Cilliers/ Lekker & Vinnig: Koeke

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.