Soorte resepte:

Resep: Nina se koekies

Nina se koekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 15 koekies

Bestanddele

125 g (140 ml) botter
2,5 ml vanieljegeursel
40 g (60 ml) versiersuiker
140 g (250 ml) koekmeelblom
35 g mielieblom

Vanieljeroom

1,25 ml gelatien
15 ml water
55 g (60 ml) strooisuiker
15 ml melk
90 g (100 ml) botter
5 ml vanieljegeursel

Versiersel

170 g (250 ml) versiersuiker
2,5 ml vanieljegeursel
15 ml melk (of meer)
15 ml kakao
5 ml melk (of meer), ekstra

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Meng die botter, vanieljegeursel en gesifte versiersuiker saam tot glad.
3. Sif die meel en mielieblom saam en voeg dit by die bottermengsel. Meng dit om ʼn sagte deeg te vorm en knie liggies tot glad.
4. Rol die deeg tussen twee lae plastiek 3 mm dik uit.
5. Druk sirkels, 5 cm in deursnee, uit en plaas dit ongeveer 3 cm uiteen op gesmeerde bakplate.
6. Bak vir ongeveer 15 minute of tot dit verkleur en laat afkoel.
7. Maak intussen die vanieljeroom deur die gelatien, water, suiker en melk in ʼn klein kastrol te meng en oor lae hitte te roer tot        die suiker opgelos is. Laat dit afkoel. Klop die botter en vanieljegeursel tot lig en romerig en voeg die melkmengsel geleidelik        by tot dit goed gemeng is.
8. Plak die koekies twee-twee op mekaar met die vanieljeroom.
9. Meng die versiersuiker en vanieljegeursel vir die versiersel met genoeg melk om ʼn pasta te vorm. 10. Verdeel hierdie mengsel       en skep dit in twee glasbakkies.
11. Sif die kakao en voeg die ekstra melk en kakao by een bakkie en meng goed. Roer albei bakkies oor warm water tot versiersel       smeerbaar is.
12. Smeer nou die helfte van ʼn koekie bo-op met wit versiersel. Laat dit stol en doen dieselfde met die ander helfte van die koekie en kakaoversiersel.

 

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.