Helene Burger, ʼn leser van Durbanville, deel graag haar resepte met die res van die Maroela-gesin en sê haar “Nuwe Botterkoek” is ʼn resep wat haar ma jare gelede agter in ʼn kookboek neergepen het.
“My ma het baie jare vir die destydse VLV gewerk wanneer dit skoutyd op die dorp was. Haar resepte het altyd die eerste prys gewen. Ons was almal baie trots om die eerstepryskaartjies langs haar gebak te sien,” skryf Helene.
Bestanddele:
- 5 eetlepels sagte botter
- 1 +1/4 koppie fyn suiker
- 1 +3/4 koppie gesifte meel
- 1/2 koppie lou melk
- 2 eiers
- 3 teelepels gelykvol bakpoeier
- 1 teelepel vanieljegeursel
- knippie sout
Metode:
- Plaas alles in ʼn mengbak, klop met handklitser vir vier minute, of twee minute met ʼn elektriese klitser.
- Deel die mengsel in twee en bak in warm oond (so 200°C) tot ligbruin.
Helene sê die koek is heerlik net so, maar jy kan versuikersuiker oorsif wanneer die koek afgekoel het.
Ek het met ‘n bykans soorgelyke resep groot geword – ons het dit die 3min landbouweekblad koek genoem want jy moet 3 min klits
Mag ek vra hoeveel is 1/2 melk? Resep klink lekker en maklik maar die hoeveelheid melk is n probleem vir my. Jammer as ek dom klink
Dagsê Benita,
Dankie vir jou navraag. Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig. Dit moes 1/2 (‘n halwe) koppie melk gewees het.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Ek het soortgelyke een wat my kinders n moer by koek genoem het. Alles in een bak en min klits. Botter is net vervang met kookolie. En vir n variasie kon jy n bietjie kakao ingooi en jy het n heerlike sjoko koek…
Dankie!!…. sal egter na dese, meer km moet hardloop dié week! Njummm!!!