Soorte resepte:

Resep: Olyfbrood

(Foto: Pixabay)

Daar is iets spesiaals daaraan om jou eie brood te bak, in plaas van ʼn winkelbrood te koop. Dié een word opgekikker met olywe en songedroogde tamaties.

Lewer 10 tot 12 porsies

Bestanddele

  • 750 g witbroodmeel
  • 1 e (15 ml) kitsgis
  • 200 ml olyfolie
  • 4 e (60 ml) olie, gedreineer van songedroogde tamaties (indien jy nie songedroogde tamaties het nie, vervang met olyfolie)
  • 2-3 t (10-15 ml) sout
  • 1 t (5 ml) varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml louwarm water
  • 20 Calamata-olywe, ontpit en in dun skyfies gesny
  • 50 g songedroogde tamaties, in dun skyfies gesny (opsioneel)
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • growwe sout om oor die brood te strooi

Metode

  1. Sif die meel in ʼn groot bak, maak ʼn holte in die middel, voeg die gis by en meng dit deur. Voeg die olies, sout, peper en water by en meng tot ʼn
  2. Knie die meel vir ± 10 minute op ʼn meelbestrooide oppervlak. Smeer ʼn mengbak met olie, plaas die deeg in die bak en bedek dit lossies met ʼn skoon kombuisdoek. Laat dit ongeveer 1 uur op ʼn warm plek rys tot dubbel die volume.
  3. Knie af op ʼn meelbestrooide oppervlak en rol dit uit in ʼn groot reghoek. Strooi die olywe en songedroogde tamaties (opsioneel) oor en rol dit op soos ʼn Knie dit tot in ʼn ronde vorm.
  4. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  5. Plaas die deeg in ʼn groot ysterkastrol en skep 2 eetlepels (30 ml) olyfolie bo-oor. Bedek die kastrol met die deksel en draai die hele kastrol ʼn paar keer om sodat die deeg goed met olie bedek word. Strooi growwe sout oor die deeg en laat dit vir 20-30 minute op ʼn warm plek staan.
  6. Bak vir 30-40 minute en verwyder uit die oond. Laat dit vir 10 minute in die kastrol afkoel. Sit warm voor.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.