Soorte resepte:

[Resep] Ouma Ida se gemmerkoekies

Foto: Verskaf

“Dis my pa se ma, ouma Ida van Wyk, se resep wat sy altyd gemaak het vir high days and holidays. Sy is ongelukkig al oorlede. My ma het die resep by ouma Ida gekry, en ons drie dogters het dan vakansietye help bak daaraan om die koekieblikke vol te kry.” So skryf Maroela Media-leser Frieda Wassenaar oor haar gunsteling-familieresep.

Lewer baie koekies

Bestanddele:

  • 425 g margarien
  • 850 g gouestroop
  • 1 klein eier
  • 2 e (30ml) koeksoda, opgelos in ʼn bietjie melk
  • 4 k (1 000 ml) bruinsuiker
  • 6 k meel
  • 2 e (30 ml) kaneel
  • 3 e (45ml) fyn gemmer

Metode:

  1. Klop margarien en stroop baie goed saam.
  2. Klits eier en meng in margarienmengsel in.
  3. Voeg koeksoda-melkmengsel, suiker, meel, kaneel en gemmer by.
  4. Laat deeg oornag in die yskas.
  5. Haal net ’n bietjie deeg op ’n slag uit die yskas.
  6. Maak okkerneutgrootte balletjies (moenie plat druk nie). Sit koekies ver genoeg uitmekaar op bakplaat, want dit sprei nogal uit.
  7. Bak by 180 ⁰C vir 10 minute tot goed bruin.
  8. Maak koekies los terwyl dit warm is.

Wenk:

Hoe slapper die deeg, hoe brosser en lekkerder die koekies.

 

Stuur vir ons jóú familieresep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannah ·

Oe… Frieda – baie baie dankie vir hierdie wonderlike resep! Dit is baie mededeelsaam van jou! Resepte soos hierdie is omtrent Africana… amal is versot op hierdie kraaklekker koekies maar die resep is nie sommer beskikbaar nie!

Leentjiebaie dankie ·

Baie dankie liewe leser dat jy dié wonderlike resep deel…gemmerkoekieresepte is skaars soos hoendertande….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.