Soorte resepte:

[Resep] Ouma se melktert

Foto: Lekker en Vinnig

Ouma se melktert. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer 1 groot tert

Bestanddele:

Kors

  • 140 g (250 ml) koekmeelblom
  • ʼn knippie sout
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 30 ml suiker
  • 75 g (80 ml) sagte botter of margarien
  • 1 eier
  • ʼn paar druppels water, indien nodig

Vulsel

  • 1 liter melk
  • 1 kaneelstokkie
  • 100 g (175 ml) koekmeelblom
  • ʼn knippie sout
  • 60 g (65 ml) botter of margarien
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 1 ml amandelgeursel (opsioneel)
  • 2,5 tot 5 ml vanieljegeursel
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml bakpoeier
  • fyn kaneel om oor die tert te strooi

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn groot tertbak goed met margarien.
  2. KORS: Meng die korsbestanddele in ʼn mengbak en meng met die hand tot ʼn gladde, sagte deeg vorm. Druk die deeg baie dun (amper deurskynend) in die tertbord uit. Plaas in die yskas terwyl die vulsel gemaak word.
  3. VULSEL: Verhit 750 ml melk met die kaneelstokkie tot by kookpunt. Meng die res van die melk met die meelblom tot ʼn gladde pasta. Sodra die melk kook, meng ʼn bietjie van die warm melk met die pasta en meng in die kastrol.
  4. Verhit oor matige hitte tot kookpunt en klits voortdurend met ʼn ballondraadklitser tot ʼn gladde dik sous vorm en laat 2 minute lank stadig prut. Trek opsy en klits die sout, botter of margarien, suiker en geurmiddels by.
  5. Klits die eiergele, klits ʼn bietjie van die warm sous daarby, plaas weer in die kastrol, meng goed en laat afkoel. Moenie dit verder laat kook nie. Klits die bakpoeier by.
  6. Klits die eierwitte totdat dit sagte punte vorm, voeg dit by die koel sous en meng Iiggies tot goed vermeng. Giet die vulsel in die tertbak tot amper vol en strooi kaneel liggies daaroor.
  7. Bak ± 15-18 minute lank, totdat dit goed gerys het, pofferig en goudbruin is, maar nie heeltemal gestol nie.
  8. Skakel die oond af, plaas ʼn lepel in die oonddeur en laat die tert nog 10 minute in die oond om af te koel en stadig te stol.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Keurkos, Carolie de Koster

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.