Daar is mos niks so lekker soos outydse pannekoek op ʼn dag soos vandag nie!
Bestanddele
- 6 eiers
- 2 e gesmelte botter
- 250 g koekmeel
- knypie sout
- 4 k volroommelk
- 1 e olie
- kaneelsuiker, om oor te strooi
Metode
- Skei die eiers. Klop die eiergele goed saam. Klop die eierwitte goed, maar nie baie styf nie. Vou die eierwit in die geklopte eiergeel.
- Roer die gesmelte botter by en dan die meel bietjie vir bietjie. Voeg die sout by.
- Heel laaste roer jy die melk en olie deur.
- Maak ʼn omeletpan warm. Voeg ʼn klont botter in die pan. Gooi ʼn bietjie beslag in die middel van die pan. Kantel die pan na die kante tot die deeg die kante raak.
- Wag tot die deeg los voel in die pan. Gooi in die lug op om om te keer.
- Bak verder tot mooi donker bruin kolletjies wys.
- Haal uit die pan en bestrooi met kaneelsuiker.
- Rol op en sit voor.
Bron: Bitter + soet: ’n Erfenisboek
Uitgewer: Human & Rousseau
Agge nee! 1:25 innie oggend sien ek hierdie artikel, en nou is ek soooooooo lus vir pannekoek!
Ek hoor jou smart ou Krummelpap, maar gelukkig is die son nou op e daar is geen fout met pannekoek vir Saterdag ontbyt.
Lyk na baie lekker resep, maar die bron boek lyk ook net so aanloklik vir leesstof.