Soorte resepte:

[Resep] Pampoentert

Pampoentert (Foto: Lapa-uitgewers)

Pampoentert is een van daardie lekker eg Suid-Afrikaanse geregte waarmee ons almal grootgeword het. Dit is nie net smaaklik nie, maar skep ook ʼn kleurryke prentjie op ʼn bord.

Bestanddele

  • 1 medium eier
  • 40 ml suiker
  • 60 ml koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 180 ml/g gaar pampoen, fyn gedruk
  • 60 ml laevetmelk

Stroop

  • 40 ml suiker
  • 40 ml laevetmelk
  • 10 ml sagte margarien of botter
  • 1,25 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die eier en suiker.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die eiermengsel.
  4. Meng die pampoen en melk en roer dit by die meelmengsel.
  5. Skep dit in ʼn gesmeerde oondbak en bak dit 30 tot 35 minute.
  6. Stroop: Maak intussen die stroop deur die suiker, melk en margarien in ʼn bakkie in die mikrogolf tot kookpunt te verhit. Roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die geursel by en giet die warm stroop oor die pampoentert sodra dit uit die oond kom.

Bron: Min moeite: Maklike kos vir 1-4 porsies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.